


Ek begin hierdie "webpage" sodat ou vriende mekaar weer kan opspoor, kan kontak maak met mekaar en net weer ou bande kan optel.
Die grootste rede is ek bly nog steeds `n HSS ondersteuner.
WHATEVER ons was almal trots op ons skool en ons uniform.
Ek gaan ook probeer om almal op hoogte te hou wat in die skool aangaan, sodat ons darem kan weet hoe dit met ons ou skool gaan.
Ek sal my "Email Link" insit sodat julle my kan laat weet van enige nuus.
As jy jou naam wil opsit stuur net vir my `n email met onderstaande besonderhede asb. die rede hoekom ek dit voorlopig nie op die blad wil sit nie
is sodat alle email en selfoon jagters nie vir jou kan bel en gemors email aanstuur nie.
Alle inligting hier sal konfidensieel hanteer word.
Ek sal ook my selfoon nommer gee vir enige een wat die besonderhede vir my wil sms of wat my wil kontak .
Alle dames wat intussen getroud is ,gebruik jou nooiensvan asb. anders ken jou ou vriende jou dalk nie.
Julle is ook welkom om fotos van julle self of skool geleenthede te stuur,dan kan ons later die webpage sommer lekker uitbrei.
| Jaar in matriek | Naam en Van | Selfoon Nommer | Email Adres | Waar Woon Jy | Getroud / Ongetroud |
